Genesis 35:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En terwyl haar siel besig was om te vertrek, want sy het gesterf, het sy hom Benoni genoem; maar sy vader het hom Benjamin genoem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar Ragel was besig om te sterf. Met haar laaste asem noem sy hom Ben-Oni. Sy pa het hom egter Benjamin genoem. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe haar siel uitgaan -- want sy het gesterwe -- noem sy hom Ben-Oni. Maar sy vader het hom Benjamin genoem. |
| Afrikaans 1983 | Maar Ragel was aan die sterf en terwyl sy haar laaste asem uitblaas, noem sy die seuntjie Ben-Oni. Sy pa het hom egter Benjamin genoem. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Terwyl haar lewe wegvloei, want sy was sterwend, het sy hom die naam Ben-Oni gegee. Sy vader het hom egter Benjamin genoem. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ragel was besig om te sterf, en terwyl sy haar laaste asem uitblaas, het sy die seuntjie Ben-Oni genoem. Maar sy pa Jakob het hom Benjamin genoem. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar Ragel was besig om te sterf van die komplikasies met die geboorte. Met haar laaste kragte het sy die seuntjie Ben-Oni genoem. Dit beteken “seun van pyn en smart”. Jakob het later sy naam na Benjamin, “seun van geluk en voorspoed”, verander. |