Genesis 35:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe sy in die harde kraam was, sê die vroedvrou vir haar: Moenie vrees nie; jy sal ook hierdie seun hê. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe sy so swaarkry met die bevalling, sê die vroedvrou vir haar: “Moenie bang wees nie. Jy het weer ’n seun!” |
| Afrikaans 1933/1953 | En terwyl sy dit swaar het by die bevalling, sê die vroedvrou vir haar: Wees nie bevrees nie, want dit is ook 'n seun vir u. |
| Afrikaans 1983 | Met dié dat Ragel so swaar ly by die bevalling, sê die vroedvrou vir haar: “Moenie bekommerd wees nie. Ook hierdie keer het jy 'n seun!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Terwyl sy so swaar gekry het met die bevalling, sê die vroedvrou vir haar: “Moenie bang wees nie, want ook hierdie een is 'n seun vir jou.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe sê die vrou wat haar gehelp het: “Moenie bang wees nie, want jy het nou nog 'n seun gekry.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe die geboortepyne op hulle ergste was, het die vroedvrou vir Ragel gesê: “Mevrou, moenie meer bang wees nie, want dit is ’n seuntjie.” |