Genesis 35:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het van Bet-el af weggetrek; en daar was nog 'n entjie om na Efrat te kom, en Ragel het barensnood gekry en sy het swaar gebaar. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het Bet-El verlaat op pad na Efrata toe, dit is Betlehem. Toe hulle nog ’n ent van hulle bestemming was, was dit Ragel se tyd om geboorte te gee. Dit was ’n baie moeilike bevalling. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarna het hulle van Bet-el af weggetrek. En toe daar nog 'n kort ent pad was om by Efrat te kom, moes Ragel baar; en sy het dit swaar gehad by die bevalling. |
| Afrikaans 1983 | Jakob-hulle het van Bet-El af getrek na Efrata toe. Hulle was nog 'n ent daarvandaan toe bring Ragel 'n kind in die wêreld. Dit was 'n moeilike geboorte. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het van Bet-El af weggetrek, maar daar was nog 'n hele ent pad oor om by Efrata uit te kom, toe Ragel geboorte gegee het. Sy het 'n moeilike bevalling gehad. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jakob en sy mense het van Bet-El getrek na Efrata. Hulle was nog nie naby Efrata nie, toe het Ragel 'n kind gekry. Sy het baie pyn gehad toe die kind gebore is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jakob en sy mense is weer weg van Bet-El af. Terwyl hulle eendag getrek het, het Ragel, wat verwagtend was, skielik geweldige pyn gehad. Hulle was nog ’n hele entjie van Efrata af toe dit so erg geword het dat Ragel begin kraam het. |