Genesis 35:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Jakob het 'n gedenksteen opgerig op die plek waar hy met hom gespreek het, 'n gedenksteen van klip; en hy het 'n drankoffer daarop uitgegooi en olie daarop gegooi.
Afrikaans (NLV) 2011 Jakob het toe ’n klip regop gesit op daardie plek waar God met hom gepraat het. Daarna het hy wyn daaroor uitgegiet en ook olie as ’n offer aan God.
Afrikaans 1933/1953 En Jakob het 'n gedenksteen opgerig op die plek waar Hy met hom gespreek het, 'n gedenksteen van klip, en daarop 'n drankoffer uitgegiet en olie daarop gegooi.
Afrikaans 1983 het Jakob 'n klip regop gesit, presies op die plek waar die Here met hom gepraat het. Hy het 'n drankoffer daarop uitgegiet en ook olie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jakob het toe op die plek waar Hy met hom gepraat het, 'n gedenksteen, 'n gedenksteen van klip, opgerig en 'n •drankoffer daaroor uitgegooi. Hy het ook olie daarop gegooi.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jakob het 'n gedenksteen op die plek gesit waar God met hom gepraat het. Hy het 'n drank-offer op die klip uitgegooi en ook olyf-olie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Op dieselfde plek waar God met hom gepraat het, het Jakob toe ’n klipstapel gepak. Hy het ’n offer van water en wyn daaroor uitgegooi. Hy het ook olie oor al die klippe gegooi.