Genesis 35:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | God sê vir hom: Ek is God, die Almagtige; wees vrugbaar en vermeerder; 'n nasie en 'n m enigte van nasies sal uit jou wees, en konings sal uit jou lendene voortkom; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | God het verder gesê: “Ek is God die Almagtige. Wees vrugbaar en word ’n groot nasie. Baie nasies sal uit jou voortkom. Daar sal selfs konings onder hulle wees. |
| Afrikaans 1933/1953 | Verder sê God vir hom: Ek is God, die Almagtige. Wees vrugbaar en vermeerder. 'n Nasie, ja, 'n menigte van nasies, sal van jou afstam, en konings sal uit jou lendene voortkom. |
| Afrikaans 1983 | God het verder vir hom gesê: “Ek is God die Almagtige. Wees vrugbaar en word 'n groot nasie. Baie nasies sal van jou afstam. Jy sal die voorvader wees van konings. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Verder het God vir hom gesê: “Ek is God, die Almagtige. Wees vrugbaar en vermeerder. 'n Nasie, 'n skare van nasies, sal van jou afstam; selfs konings sal uit jou liggaam voortkom. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | God het ook vir hom gesê: “Ek is God die Almagtige. Jy moet vrugbaar wees en 'n groot nageslag hê. 'n Volk, ja, baie volke, sal uit jou kom. Jy sal die voorvader van konings wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | God het verder gesê: “Ek is die God wat sterk is. Jou kinders moet vrugbaar wees en baie kinders hê. ’n Nasie, nee, sommer ’n klomp nasies, sal uit jou en jou kinders groei. Belangrike konings sal nog uit jou en jou nageslag kom. |