Genesis 35:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê God vir hom: Jou naam is Jakob; jou naam sal nie meer Jakob genoem word nie, maar Israel sal jou naam wees; en hy het hom Israel genoem.
Afrikaans (NLV) 2011 en gesê: “Jou naam is nie langer Jakob nie. Jy sal van nou af Israel genoem word.”
Afrikaans 1933/1953 en God sê vir hom: Jou naam is Jakob; jy sal verder nie Jakob genoem word nie, maar Israel sal jou naam wees. En Hy het hom Israel genoem.
Afrikaans 1983 God het vir hom gesê: “Jy is Jakob, maar jy sal nie langer Jakob genoem word nie. Jou naam sal Israel wees.” God het hom toe Israel genoem.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) God het vir hom gesê: “Jou naam is Jakob. Jy sal nie meer Jakob genoem word nie, maar Israel, dit sal jou naam wees.” So het Hy hom die naam Israel gegee.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) God het vir hom gesê: “Jou naam is Jakob, maar hulle sal jou nou nie meer Jakob noem nie, jou naam sal Israel wees.” So het God hom die naam Israel gegee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het hom geseën en vir hom gesê: “Jou naam is Jakob, maar jy sal nie meer so genoem word nie. Van nou af sal almal jou Israel noem.” Dis waar hy aan sy naam gekom het.