Genesis 35:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê God vir Jakob: Staan op, gaan op na Bet-el en woon daar, en maak daar 'n altaar vir God wat aan jou verskyn het toe jy vir jou broer Esau gevlug het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | God sê toe vir Jakob: “Trek verder en gaan woon by Bet-El. Bou daar vir My ’n altaar. Ek is die God wat aan jou verskyn het toe jy destyds weggevlug het van jou broer Esau af.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarna het God vir Jakob gesê: Maak jou klaar, trek op na Bet-el en woon daar; en bou daar 'n altaar vir die God wat aan jou verskyn het toe jy op die vlug was vir jou broer Esau. |
| Afrikaans 1983 | God het vir Jakob gesê: “Maak jou klaar en gaan na Bet-El toe en bly daar. Bou vir My daar 'n altaar. Ek is die God wat daar aan jou verskyn het toe jy vir jou broer Esau gevlug het.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | God het vir Jakob gesê: “Maak gereed, trek op na Bet-El en woon daar. Bou daar 'n altaar vir die God wat aan jou verskyn het toe jy op vlug was voor jou broer Esau.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | God het vir Jakob gesê: “Jy moet gereedmaak. Jy moet na Bet-El gaan en daar gaan woon. Jy moet daar 'n altaar bou vir My. Ek is die God wat aan jou verskyn het toe jy weggevlug het van jou broer Esau.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | God het vir Jakob gesê: “Gaan Bet-El toe en bly ’n ruk daar. Bou daar ’n altaar vir die God wat goed was vir jou toe jy destyds vir Esau gevlug het.” |