Genesis 34:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hemor het met hulle gepraat en gesê: Die siel van my seun Sigem verlang na julle dogter;
Afrikaans (NLV) 2011 Gamor verduidelik toe vir Jakob en sy seuns: “My seun Sigem is regtig verlief op julle dogter. Gee asseblief toestemming dat hy met haar trou!
Afrikaans 1933/1953 Toe spreek Hemor met hulle en sê: Die siel van my seun Sigem is verlief op julle dogter: gee haar tog aan hom as vrou
Afrikaans 1983 Gamor het vir hulle gesê: “My seun Sigem hou baie van die dogter uit julle huis. Laat haar tog met hom trou.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Gamor het met hulle onderhandel en gesê: “My seun Sigem het sy hart verloor op julle dogter. Gee haar asseblief aan hom as vrou.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Gamor het vir hulle gesê: “My seun Sigem is verlief op julle dogter. Gee haar asseblief vir my seun sodat hy met haar kan trou.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hamor, wat van niks geweet het nie, het voortgegaan om met Jakob en die seuns te praat. “Jakob,” het hy gesê, “my seun Sigem het sy hart op jou dogter verloor. En ek vra jou mooi, ou Jakob, laat die kinders tog trou, man.”