Genesis 34:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die seuns van Jakob het uit die veld gekom toe hulle dit hoor, en die manne was bedroef en baie kwaad, omdat hy dwaasheid in Israel gedoen het deur met die dogter van Jakob gemeenskap te hê; watter ding nie gedoen behoort te word nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy kom toe daar aan net toe Jakob se seuns uit die veld aankom. Toe hulle hoor wat gebeur het, was hulle geskok en woedend. Dit was ’n skandelike ding in Israel dat Sigem gemeenskap met Jakob se dogter gehad het! Dis iets wat nooit moes gebeur het nie.
Afrikaans 1933/1953 En die seuns van Jakob het uit die veld gekom toe hulle dit hoor; en die manne was gegrief en baie kwaad, omdat hy 'n skanddaad in Israel begaan het deur met die dogter van Jakob gemeenskap te hou: so iets mag nie gebeur het nie.
Afrikaans 1983 kom Jakob se seuns juis van die veld af by die huis aan en toe hulle hoor wat gebeur het, was die manne ontsteld. Hulle was baie kwaad, want Sigem het 'n gruwelike ding aangevang toe hy met die dogter van Jakob, 'n Israelitiese meisie, gemeenskap gehad het. So iets doen 'n mens nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die seuns van Jakob het uit die veld gekom die oomblik toe hulle die berig kry. Die manne was diep gegrief en baie kwaad, want Sigem het 'n gruweldaad gepleeg teen Israel deur by die dogter van Jakob te slaap. So iets mag nie gedoen word nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe Jakob se seuns uit die veld kom, het hulle gehoor wat gebeur het. Hulle was geskok en baie kwaad omdat Sigem so 'n baie verkeerde ding gedoen het toe hy seks gehad het met Jakob se dogter. In Israel was dit baie verkeerd om so iets te doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Presies op daardie oomblik het Jakob se seuns van die veld af gekom. Toe hulle hoor wat gebeur het, was die broers geskok en woedend. Wat Sigem gedoen het, was verkeerd. Hoe kon hy Dinatjie by hom in die bed gedwing het? Hy het Israel beledig. So iets sou die broers nie duld nie.