Genesis 34:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Jakob het gehoor dat hy sy dogter Dina verontreinig het; nou was sy seuns met sy vee in die veld; en Jakob het stilgebly totdat hulle gekom het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jakob het gehoor dat sy dogter verkrag is. Sy seuns was nog in die veld by die vee. Hy doen toe niks aan die saak voordat hulle teruggekom het nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe Jakob dan hoor dat hy sy dogter Dina onteer het, was sy seuns by sy vee in die veld; en Jakob het geswyg totdat hulle gekom het. |
| Afrikaans 1983 | Jakob het verneem dat sy dogter Dina deur Sigem onteer is, maar omdat Jakob se seuns met die vee in die veld was, het hy niks gedoen voor hulle terug was nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jakob het gehoor dat hy sy dogter Dina onteer het. Maar sy seuns was nog by die vee in die veld, en hy het stilgebly totdat hulle gekom het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jakob het gehoor dat Sigem sy dogter Dina verkrag het. Sy seuns was in die veld by die diere, en Jakob het stilgebly totdat hulle teruggekom het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jakob het intussen die skoknuus verneem. Hulle het hom kom vertel hoe Sigem sy Dina-kind se lewe vernietig het. Jakob het aanvanklik niks gedoen nie, want hy wou eers vir die seuns wag. Hulle was nog met die vee in die veld. |