Genesis 34:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Jakob vir Simeon en Levi: Julle het my verskrik om my te laat stink onder die inwoners van die land, onder die Kanaäniete en die Feresiete; en ek is min in getal, hulle sal teen my vergader en my doodmaak; en ek sal vernietig word, ek en my huis.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarna sê Jakob vir Levi en Simeon: “Julle het my ’n slegte naam gegee onder die Kanaäniete en Feresiete, die mense van hierdie land. Ons is maar min mense. Hulle kan saam teen ons optrek en ons almal uitroei!”
Afrikaans 1933/1953 Toe sê Jakob vir S¡meon en Levi: Julle het my ontroer dat julle my gehaat gemaak het by die inwoners van die land, die Kanaäniete en Feresiete, terwyl ek 'n klein klompie is. As hulle hul teen my versamel, sal hulle my verslaan, en ek sal verdelg word, ek en my huis.
Afrikaans 1983 Toe sê Jakob vir Simeon en Levi: “Julle het my in die moeilikheid gebring, want julle het my naam sleg gemaak by die mense van hierdie land, die Kanaäniete en die Feresiete. Ek het maar 'n klein klompie mans by my. As die mense van die land almal saamstaan teen my, sal hulle my en my mense verslaan en ons om die lewe bring.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jakob het vir Simeon en Levi gesê: “Julle het my in die ongeluk gestort deur my veragtelik te maak by die inwoners van die land, by die Kanaäniete en Feresiete. Ek het maar min mense; as hulle teen my saamtrek en my aanval, sal ek uitgedelg word, ek en my huis.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jakob het vir Simeon en vir Levi gesê: “Julle het nou vir my groot probleme gemaak. Ek moet nou skaam wees voor die mense van hierdie land, die Kanaäniete en die Feresiete. Ons is min, en as die mense van die land almal saamwerk, dan sal hulle ons oorwin en doodmaak, vir my en my huisgesin.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jakob was baie ontsteld oor alles. Vir Simeon en Levi het hy reguit gesê: “Julle het my in die allergrootste ellende gedompel. Almal in hierdie land, veral die Kanaäniete en die Feresiete, sal my nou haat. Ons is maar ’n klein klompie mense en as hulle saamstaan, is dit klaarpraat met ons.”