Genesis 34:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En al hulle rykdom en al hulle kindertjies en hulle vroue het hulle gevange geneem en selfs alles wat in die huis was, geplunder. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het ook al die vroue en kinders met alles wat in die huise was, geroof. |
| Afrikaans 1933/1953 | En al hulle goed en al hulle kinders en hulle vroue het hulle as gevangenes weggevoer en as buit, en ook alles wat in die huise was. |
| Afrikaans 1983 | Ja, hulle het alles geplunder wat daar in die stad was, hulle het alles wat in die huise was, buitgemaak; ook die kinders en vrouens is as gevangenes saamgevat. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Al hulle rykdom, al hulle kinders en vroue, het hulle weggevoer en alles wat binnenshuis was, buitgemaak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Simeon en Levi het al die goed gevat wat in die huise was, ook al die kinders en vroue. Hulle het alles saam met hulle weggevat. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Selfs vroue en kinders is geroof en as gevangenes saamgeneem. Alles wat in die huise was, het Jakob se kinders vir hulleself gevat. |