Genesis 34:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die seuns van Jakob het op die gesneuweldes afgekom en die stad geplunder, omdat hulle hul suster verontreinig het.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarna het Jakob se ander seuns die dorp geplunder omdat hulle suster daar verkrag is.
Afrikaans 1933/1953 Die seuns van Jakob het op die gesneuweldes afgekom en die stad geplunder, omdat hulle hulle suster onteer het.
Afrikaans 1983 Jakob se seuns het toe op die slagoffers toegesak en die stad geplunder omdat hulle suster daar onteer is:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die seuns van Jakob het op die gesneuweldes toegesak en die dorp geplunder, omdat hulle hulle suster onteer het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jakob se seuns het by die dooie mans verbygegaan en hulle het al die goed van die mense in die stad gevat omdat Sigem hulle suster verkrag het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe Jakob se ander seuns hiervan hoor, was hulle vuur en vlam. Hulle het die stad binnegejaag en net dooies sien rondlê. Toe het hulle die stad genadeloos begin plunder. Hulle verskoning was dat Sigem vir Dina verkrag het.