Genesis 34:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het Hemor en sy seun Sigem met die skerpte van die swaard gedood en Dina uit Sigem se huis geneem en uitgegaan.
Afrikaans (NLV) 2011 selfs ook Gamor en Sigem. Hulle het Dina uit Sigem se huis gaan wegneem en met haar na hulle kamp toe teruggekeer.
Afrikaans 1933/1953 Hulle slaan ook Hemor en sy seun Sigem dood met die skerpte van die swaard; daarna neem hulle Dina uit die huis van Sigem uit en vertrek.
Afrikaans 1983 ook vir Gamor en sy seun Sigem. Hulle het vir Dina uit Sigem se huis uit weggevat en uit die stad uit gegaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ook Gamor en sy seun Sigem het hulle met die skerpte van die swaard doodgemaak. Hulle het Dina uit Sigem se huis geneem en weggegaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het ook vir Gamor en sy seun Sigem doodgesteek. Hulle het vir Dina uit Sigem se huis gevat en weggegaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Selfs Hamor en Sigem is doodgemaak. By Sigem se huis het hulle vinnig hulle suster, Dina, gaan haal en uit die dorp gejaag.