Genesis 34:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En op die derde dag, toe hulle swaar gekry het, het twee van die seuns van Jakob, Simeon en Levi, die broers van Dina, elkeen sy swaard geneem en die stad met vrymoedigheid afgekom en al die manspersone gedood.
Afrikaans (NLV) 2011 Drie dae later, toe die mans nog baie pyn gehad het, het Dina se broers, Simeon en Levi, hulle swaarde gevat en sonder weerstand die dorp binnegegaan. Hulle het al wat ’n man is, doodgemaak,
Afrikaans 1933/1953 Maar op die derde dag, toe hulle in die pyn was, neem die twee seuns van Jakob, S¡meon en Levi, broers van Dina, elkeen sy swaard, en hulle oorval die sorgelose stad en slaan almal dood wat manlik was.
Afrikaans 1983 Drie dae later toe hulle baie pyn gehad het, het Jakob se twee seuns Simeon en Levi, die broers van Dina, elkeen sy swaard gevat en sonder om agterdog te wek, die stad ingegaan en al die mans doodgemaak,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar op die derde dag, toe hulle in pyn verkeer, het die twee seuns van Jakob, Simeon en Levi, die broers van Dina, elkeen sy swaard gevat, ongehinderd die dorp oorval en al die manlike persone doodgemaak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Drie dae later, toe dit nog baie seer was nadat die mans hulle laat besny het, het Jakob se seuns Simeon en Levi, die broers van Dina, hulle swaarde gevat en hulle het na Sigem se stad gegaan. Hulle het maklik in die stad ingekom, niemand het hulle gekeer nie. Hulle het al die mans doodgemaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Op die derde dag het al die mans nog baie pyn gehad. Dina se twee broers, Simeon en Levi, het toe ’n verskriklike ding gedoen. Hulle het die dorp binnegery en op ’n gegewe oomblik het hulle die swaarde uitgeruk en al die mans in die dorp voor die voet uitgewis.