Genesis 34:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En na Hemor en na sy seun Sigem het almal geluister wat uit die poort van sy stad uitgegaan het; en almal wat manlik is, is besny, almal wat uit die poort van sy stad uitgegaan het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Al die mans in die poort van die dorp het na Gamor en Sigem geluister en ingestem en hulle almal laat besny. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle het geluister na Hemor en na sy seun Sigem almal wat uit sy stadspoort uitgegaan het; en almal wat manlik was, is besny, almal wat uit sy stadspoort uitgegaan het. |
| Afrikaans 1983 | Al die mans van die stad het na Gamor en sy seun Sigem geluister, en hulle almal is besny. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het toe na Gamor en sy seun Sigem geluister – almal wat kan optrek uit die poort van sy dorp. Elke manlike persoon is besny, almal wat kan optrek uit die poort van sy dorp. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Almal wat deur die poort van die stad gekom het, het geluister na Gamor en sy seun Sigem. Al die mans het hulle laat besny, almal wat deur die poort van die stad gekom het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die dorpsraad het met Hamor en Sigem saamgestem en elke man in die dorp is besny. |