Genesis 34:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sal hulle vee en hulle besittings en al hulle diere nie ons s'n wees nie? laat ons net met hulle instem, en hulle sal by ons woon.
Afrikaans (NLV) 2011 As ons dit doen, sal al hulle vee, trekdiere en besittings ons s’n word. Hulle sal dan saam met ons hier kan woon.”
Afrikaans 1933/1953 Hulle vee en hulle besittings en al hulle diere -- sal dit nie ons s'n wees nie? Laat ons net inwillig, sodat hulle by ons kan bly woon.
Afrikaans 1983 Hulle kuddes, al hulle vee, hulle besittings, word ons eiendom as ons instem, en dan sal hulle by ons bly.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle vee en besittings, ja, al hulle diere – sal dit nie aan ons behoort nie? Ons moet net instem, dan sal hulle by ons bly.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle diere, al hulle goed en al hulle vee sal dan aan ons behoort, maar dan moet ons inwillig en doen wat hulle vra. Dan sal hulle by ons woon.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dink net daaraan, hulle beeste, hulle veetroppe en al hulle besittings word ook ons s’n. Kom ons gee toe sodat hulle hier by ons kan kom bly.”