Genesis 34:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Alleenlik hierin sal die manne ons instem om by ons te woon om een volk te wees, as elke man onder ons besny word soos hulle besny is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle sal dit egter net op een voorwaarde oorweeg om hier te bly. Dit is dat elke manlike persoon onder ons besny word. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar net op hierdie voorwaarde sal die manne inwillig om by ons te woon, om een volk te word: as almal wat manlik is onder ons, besny word soos hulle besny is. |
| Afrikaans 1983 | Hierdie mense sal egter net by ons kom bly en saam met ons een volk word as al ons mansmense besny word soos dit by hulle is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Net op hierdie voorwaarde sal die manne instem om by ons te bly, om een volk te word: as al die manlikes by ons besny word, soos hulle besny is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar ons moet eers al ons mans besny soos hulle dit doen, dan sal hierdie manne inwillig en ja sê om by ons te woon en om saam met ons een volk te word. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar is egter ’n voorwaarde voor ons een volk kan word. Ons moet soos hulle word en ons almal laat besny. Doen ons dit nie, is dit klaarpraat. Dan gaan hulle nie by ons bly nie en ons gaan nie een groot groep word nie. |