Genesis 34:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hierdie manne is vredeliewend met ons; laat hulle daarom in die land woon en daarin handel dryf; vir die land, kyk, dit is groot genoeg vir hulle; laat ons hulle dogters vir ons as vroue neem, en laat ons ons dogters aan hulle gee.
Afrikaans (NLV) 2011 “Daardie mense is goedgesind teenoor ons,” het hulle gesê. “Kom ons laat hulle toe om hier by ons te woon en met ons handel te dryf, want die land is groot genoeg om hulle ook te dra. Dan kan ons met hulle ondertrou.
Afrikaans 1933/1953 Hierdie manne lewe in vrede met ons; daarom, laat hulle in die land woon en daarin rondtrek: die land lê mos alkante toe wyd voor hulle. Ons kan hulle dogters vir ons as vroue neem, en ons sal ons dogters aan hulle gee.
Afrikaans 1983 “Hierdie vreemde mense het met goeie bedoelings na ons toe gekom. Hulle wil hier kom bly en met hulle kuddes in ons land rond trek: die land is groot en lê oop voor hulle. Dan kan ons met hulle dogters trou en hulle met ons s'n.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Hierdie manne is vredeliewend. Laat hulle by ons woon in die land en daarin rondtrek. Kyk, die land lê alkante toe wyd oop voor hulle. Hulle dogters kan ons vir ons as vroue neem, en ons dogters kan ons aan hulle gee.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Hierdie mense is vriendelik met ons. Laat hulle in die land woon en hier rondtrek. Die land is baie groot, dit lê oop voor hulle. Ons seuns kan dan met hulle dogters trou, en ons kan ons dogters vir hulle seuns gee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het gesê: “Broers, hierdie Jakobgroep is oulike mense. Laat hulle tog toe om onder ons te kom woon en te gaan waar hulle wil. Daar is tog genoeg plek vir ons almal in die land. Ons kan selfs met hulle dogters trou en hulle met ons jongmeisies.