Genesis 34:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Hemor en sy seun Sigem het by die poort van hulle stad gekom en met die manne van hulle stad gepraat en gesê:
Afrikaans (NLV) 2011 Hy en sy pa het saam na die vergaderplek in die poort gegaan en die voorstel aan die leiers voorgelê.
Afrikaans 1933/1953 Toe gaan Hemor en sy seun Sigem na die poort van hulle stad, en hulle spreek met die manne van hul stad en sê:
Afrikaans 1983 het hulle na die stadspoort toe gegaan en daar vir die mans van die stad gesê:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Gamor en sy seun Sigem het na die poort van hulle dorp gegaan en met die manne van hulle dorp onderhandel:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Gamor en sy seun Sigem het na die stad se poort gegaan. Hulle het met die stad se manne gepraat en gesê:
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hamor en sy seun Sigem het die lede van die dorpsraad by die stadspoort gaan ontmoet. Hulle wou die dorpsraadslede van hulle ervaring vertel.