Genesis 34:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe Sigem, die seun van Hemor, die Hewiet, owerste van die land, haar sien, het hy haar geneem en met haar gemeenskap gehad en haar verontreinig.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar toe Sigem haar sien, het hy haar gegryp en haar verkrag. Sigem was die seun van Gamor, heerser van die gebied en ’n Hewiet.
Afrikaans 1933/1953 Toe Sigem, die seun van Hemor, die Hewiet, die vors van die land, haar sien, het hy haar gegryp en met haar gemeenskap gehad en haar onteer.
Afrikaans 1983 Toe Sigem seun van die Hewiet Gamor, 'n volksleier, haar sien, het hy haar gegryp en met haar gemeenskap gehad. Hy het haar verkrag.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe Sigem, die seun van Gamor, die Hewiet, en die leier van die gebied, haar sien, het hy haar geneem, by haar geslaap en haar verneder.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Sigem was die seun van die Hewiet Gamor wat oor daardie deel van die land regeer het. Sigem het vir Dina gesien en hy het haar gegryp en verkrag.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hamor, die Hewiet, was die leier in die gebied. Sy seun Sigem het Dina sien stap. Hy het haar toe gegryp en gedwing om by hom te slaap.