Genesis 34:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die jongman het nie uitgestel om die ding te doen nie, omdat hy behae gehad het in die dogter van Jakob, en hy was eerbaarder as die hele huis van sy vader. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sigem het nie op hom laat wag nie, want hy wou Dina bitter graag hê. Sigem was hooggeag in sy familie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die jongman het nie versuim om dit te doen nie, want hy het sin gehad in die dogter van Jakob, en hy was die mees geëerde in die hele huis van sy vader. |
| Afrikaans 1983 | Die jongman Sigem wou nie die saak laat sloer nie, want hy was lief vir Jakob se dogter. Omdat Gamor en Sigem die meeste gesag onder hulle mense gehad het, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die jong man het nie getalm om die saak tot uitvoer te bring nie, want hy het Jakob se dogter begeer, en hy was die mees geëerde lid van sy vader se hele familie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Sigem was haastig om te doen wat hulle gevra het, want hy was baie lief vir Jakob se dogter. Hy was die belangrikste man in sy pa se familie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die jongman, Sigem, het Dina so begeer dat hy onmiddellik met die voorbereidings vir die besnydenis begin het. Vir sy familie was Sigem ’n baie belangrike man. |