Genesis 34:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar hierin sal ons met julle instem: As julle wil wees soos ons, dat elke man van julle besny word; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar daar is ’n oplossing vir die probleem. As elke man onder julle soos ons besny word, |
| Afrikaans 1933/1953 | Net op hierdie voorwaarde kan ons inwillig: as julle word soos ons deurdat almal wat manlik is onder julle, besny word. |
| Afrikaans 1983 | Ons kan net instem as julle soos ons word: besny al julle mans. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Net op hierdie voorwaarde sal ons instem: as julle word soos ons, deur al die manlikes by julle te laat besny. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ons sal net inwillig en ja sê as julle soos ons word, julle moet al julle mans en seuns laat besny. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar is egter wel ’n moontlikheid: julle moet soos ons word en julle laat besny. |