Genesis 34:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle sê vir hulle: Ons kan hierdie ding nie doen om ons suster te gee aan een wat nie besny is nie; want dit was vir ons 'n smaad:
Afrikaans (NLV) 2011 Daarom sê hulle: “Ons kan dit glad nie toelaat nie, want julle is nie besny nie. Dit sal ’n skande wees as sy met ’n man trou wat nie besny is nie.
Afrikaans 1933/1953 en sê vir hulle: Ons kan dit nie doen om ons suster aan 'n man te gee wat die voorhuid het nie, want dit sou 'n skande vir ons wees.
Afrikaans 1983 Hulle het toe gesê: “Ons kan nie ons suster sommer so laat trou met 'n man wat nie besny is nie. Dit is vir ons 'n ongehoorde ding.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het vir hulle gesê: “Ons kan so iets nie doen nie – om ons suster te gee aan 'n man wat nie besny is nie; trouens, dit sal vir ons 'n skande wees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle sê toe: “Ons mag nie ons suster gee vir 'n man wat nie besny is nie. Dit sal 'n skande wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het vir Sigem en sy pa, Hamor, gesê: “Ongelukkig kan ons nie. Ons kan tog nie ons suster aan iemand gee wat nie besny is nie. Dit sal mos ’n skande wees.