Genesis 34:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Vra my nooit soveel bruidskat en geskenk nie, en ek sal gee soos julle vir my sê; maar gee my die meisie as vrou. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maak nie saak wat die bruidsprys of geskenk is wat julle vra nie, ek sal dit betaal. Ek wil die meisie net baie graag as vrou hê.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Vra my 'n baie groot koopprys en geskenk, en ek sal dit gee soos julle aan my sê; gee my net die dogter as vrou. |
| Afrikaans 1983 | Julle kan maar die vergoeding wat ek moet gee, net so groot maak soos julle wil. Ek sal ook nog enige ander geskenk gee wat julle vra. Gee net asseblief die meisie vir my dat ek met haar kan trou.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maak die bruidsprys vir my maar baie hoog, en ook die geskenk, en ek sal gee wat julle vir my sê. Gee net vir my die jong meisie as vrou.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle mag sê hoeveel ek moet betaal om haar te kry, dit maak nie saak as dit baie is nie. Sê ook vir my watter ander presente ek vir julle moet gee. Maar gee Dina asseblief vir my sodat ek met haar kan trou.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle kan vir Dina vra net soveel as wat julle wil en ek sal betaal. Ek sal alles gee net solank sy my vrou kan word.” |