Genesis 34:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Sigem aan haar vader en haar broers: Laat my genade vind in julle oë, en wat julle vir my sal sê, sal ek gee.
Afrikaans (NLV) 2011 Sigem praat toe self met Dina se pa en broers. Hy sê: “Aanvaar my tog. Ek sal gee wat julle ook al vra.
Afrikaans 1933/1953 En Sigem sê vir haar vader en haar broers: Laat my guns vind in julle oë, en wat julle van my eis, sal ek gee.
Afrikaans 1983 Toe sê Sigem vir Dina se pa en haar broers: “As julle instem, sal ek betaal wat julle ook al van my vra.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sigem sê toe vir haar vader en broers: “Mag ek guns vind in julle oë! Wat julle ook al van my vra, sal ek gee.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Sigem het vir Dina se pa en haar broers gesê: “Ek wil een van julle familie word. Ek sal vir julle alles gee wat julle vir my vra.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe het Sigem gepraat. Hy het saam met sy pa gekom, maar die hele tyd niks gesê nie. Hy het opgestaan en Dina se pa en broers gesmeek: “Asseblief, ek sal julle enigiets betaal.