Genesis 33:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Esau: Ek het genoeg, my broer; hou wat jy het vir jouself. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “My broer, ek besit self baie,” sê Esau. “Laat wat aan jou behoort, joune bly.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar Esau sê: Ek het baie, my broer! Wat joue is, laat dit joue bly! |
| Afrikaans 1983 | Maar Esau sê vir hom: “Broer, ek besit self baie. Wat joune is, moet joune bly.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarop sê Esau: “Ek het baie, my broer; wat joune is, moet joune bly.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe sê Esau: “My broer, ek het self baie goed. Hou dit alles, dit moet joune bly.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Esau het weer gepraat: “Jakob, wat is jou bedoeling met al die troppe vee wat vroeër hier verbygekom het?” “Dit is u s’n, Meneer. Alles is u s’n. Ek het gehoop dit sal u sag maak,” het Jakob gesê. Esau het geantwoord: “Dankie, my broer, maar ek het werklik genoeg diere van my eie. Hou dit liewer vir jouself.” |