Genesis 33:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy het 'n stuk grond gekoop waar hy sy tent oopgemaak het, aan die hand van die kinders van Hemor, die vader van Sigem, vir honderd geldstukke. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het die grond waarop hy uitgekamp het vir 100 geldstukke gekoop van die familie van Gamor, Sigem se pa. |
| Afrikaans 1933/1953 | en die stuk grond gekoop waar hy sy tent opgeslaan het, van die seuns van Hemor, die vader van Sigem, vir honderd geldstukke. |
| Afrikaans 1983 | Toe koop hy die stuk grond waar sy tent staan, vir honderd geldstukke by die seuns van Gamor, die pa van Sigem. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die stuk veld waar hy sy tente opgeslaan het, het Jakob van die seuns van Gamor, Sigem se vader, gekoop vir 'n honderd kesita. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het die stuk grond gekoop waar hy sy tente opgeslaan het. Hy het dit gekoop by die seuns van Gamor, Sigem se pa. Hy het 100 kesita daarvoor betaal. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het eers voor Sigem gestaan, maar later het Jakob die grond gekoop waarop hulle gekamp het. Dit het aan Hamor en sy kinders behoort en Jakob het hulle 100 geldstukke daarvoor betaal. Hamor het ’n seun gehad met die naam Sigem. |