Genesis 33:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Jakob het na Sukkot weggetrek en vir hom 'n huis gebou en hutte vir sy vee gemaak; daarom word die naam van die plek Sukkot genoem.
Afrikaans (NLV) 2011 Jakob en sy geselskap het verder getrek na Sukkot toe. Daar bou hy vir hom ’n huis en maak hy skuilings vir die troppe vee. Dis hoekom die plek Sukkot genoem is.
Afrikaans 1933/1953 Maar Jakob het na Sukkot weggetrek en vir hom 'n huis gebou en takkrale vir sy vee gemaak. Daarom het hy die plek genoem Sukkot.
Afrikaans 1983 Jakob het gaan tent opslaan by Sukkot en daar het hy vir hom 'n huis gebou. Hy het ook takkrale vir sy vee gemaak, en daarom word die plek Sukkot genoem.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar Jakob het na Sukkot getrek. Hy het vir hom 'n huis gebou en vir sy vee takkrale gemaak. Daarom het hy die plek Sukkot genoem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jakob het na 'n ander plek gegaan en hy het daar vir hom 'n huis gebou. Hy het takke geneem en hy het veekrale gemaak vir sy skape en bokke. Daarom het hulle die plek Sukkot genoem.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jakob het tot so ver as Sukkot gekom. Daar het hy ’n huis en stalle vir sy vee gebou. Dis hoekom hulle die plek Sukkot genoem het, wat “Takskerm” beteken.