Genesis 33:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Esau sê: Laat ek nou van die mense wat by my is, by jou laat. En hy sê: Wat het dit nodig? laat my genade vind in die oë van my heer.
Afrikaans (NLV) 2011 “Goed,” sê Esau, “maar laat ek ’n paar van my manskappe agterlaat om julle te beskerm.” “Dis regtig nie nodig nie,” sê Jakob. “Jou goeie gesindheid is vir my genoeg.”
Afrikaans 1933/1953 Toe sê Esau: Laat my tog van die manskappe wat by my is, by jou laat staan. En hy antwoord: Waarvoor dan? Laat my guns in die oë van my heer vind!
Afrikaans 1983 Toe sê Esau: “Dan los ek 'n paar van my manne by jou,” maar Jakob vra: “Waarom wil u dit doen? U is my tog goedgesind?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Esau sê toe: “Laat ek dan van die manskappe wat by my is, by jou agterlaat.” Hy het egter gesê: “Waarom juis dit? Mag ek maar net guns vind in die oë van my heer.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe sê Esau: “Ek sal party van my manne by jou laat bly.” Maar Jakob sê: “Hoekom wil jy dit doen? Glo my asseblief.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Esau het gesê: “Goed, maar ek los ’n klompie manne hier by jou. Hulle kan jou met alles help.” Jakob het geantwoord: “Ag, Esau, baie dankie, maar dit is werklik nie nodig nie.”