Genesis 33:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Laat my heer tog voor sy dienaar oortrek, en ek sal saggies voortgaan soos die vee wat voor my uittrek en die kinders kan uithou totdat ek by my heer in Seïr kom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Gaan gerus voor ons uit. Ons sal op ons gemak trek en u by Seïr weer sien.” |
| Afrikaans 1933/1953 | My heer moet maar voor sy dienaar uit trek, en,k sal op my gemak trek na die gang van die vee wat voor my uit gaan, en na die gang van die kinders, tot ek by my heer in Se‹r aankom. |
| Afrikaans 1983 | Trek u maar vooruit voor my en dan kom ek op my gemak agterna. Ek sal volgens die pas van die vee en van die kinders na u toe kom in Seïr.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | My heer kan gerus voor sy dienaar uit trek. Ek sal self rustig verder trek teen die pas van die diere voor my, en teen die pas van die kinders, totdat ek by my heer in Seïr aankom.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Meneer, gaan asseblief voor my. Dan kan ek stadig agter jou loop, so vinnig soos die diere en die kinders kan loop, totdat ek by Meneer in Seïr-land kom.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jakob het verder gepraat: “Miskien moet jy maar solank vooruitry. Ek kom dan rustig met die vee en die kinders agterna en kort voor lank is ek by jou in Seïr.” |