Genesis 33:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy sê vir hom: My heer weet dat die kinders sag is, en die kleinvee en beeste met kleinvee is by my; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar Jakob antwoord: “My broer, jy kan sien party van die kindertjies is baie jonk en die troppe vee het ook jong lammers en kalwers. As ons te vinnig trek, kan dit hulle dood beteken. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar hy antwoord hom: My heer weet dat die kinders swak is, en dat ek lammerooie en melkkoeie by my het; as 'n mens hulle net een dag ooreis, dan sterf al die kleinvee. |
| Afrikaans 1983 | Maar Jakob het hom geantwoord: “U sien tog self die ou kindertjies is maar klein en die lammertjies en die kalwers by my is nog swak. As 'n mens hulle net een dag te hard aandryf, is die hele klomp dood. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar hy het vir hom gesê: “My heer weet dat die kinders swak is, en dat daar by my klein- en grootvee in melk is. As hulle net een dag hard gedryf word, is al die kleinvee dood. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar Jakob het vir hom gesê: “Meneer, jy weet die kinders by ons is klein en swak. Ek moet ook nog die skape en beeste oppas, en die lammers en kalwers wat aan hulle suip. Hulle sal doodgaan as ek hulle net een dag te vinnig aanjaag. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jakob het geantwoord: “Soos jy kan sien, is die kinders klein en swak. En die veetroppe met kalwers en lammers beweeg stadig, want hulle is swak. As ons hulle nou gaan dryf, selfs net vir ’n dag lank, gaan hulle vrek.” |