Genesis 33:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Jakob: Nee, as ek nou genade in U oë gevind het, neem dan my geskenk uit my hand; want daarom het ek U aangesig gesien asof ek die aangesig van God gesien het, en U het 'n welbehae gehad saam met my. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Nee, asseblief! Neem dit terwyl u my so goedgesind is,” sê Jakob. “Dis asof ek die glimlag van God sien. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe antwoord Jakob: Ag nee, as ek nou guns in u oë gevind het, neem dan my geskenk uit my hand aan. Want juis daarom het ek u aangesig te sien gekry soos 'n mens die aangesig van God sien, en u het behae in my gehad. |
| Afrikaans 1983 | Toe sê Jakob: “Nee, as u my goedgesind is, moet u my geskenk aanvaar. Ek het na u toe gekom om u goedgesindheid te wen net soos wanneer 'n mens in die teenwoordigheid van God verskyn. En u het my vriendelik ontvang. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jakob het egter gesê: “Nee, asseblief! As ek guns gevind het in u oë, neem dan my geskenk uit my hand. Juis daarom kon ek u gesig sien, net soos 'n mens God se gesig sien – en u het my aanvaar. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar Jakob het gesê: “Nee, as Meneer vriendelik wil wees met my, dan moet jy asseblief my present aanvaar, want ek het dit vir jou gegee soos 'n mens iets vir God gee. En jy was vriendelik met my. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jakob het vinnig teruggeantwoord: “Nee, asseblief, neem dit. Dit is my geskenk aan jou. As jy dit vat, sal jy my baie gelukkig maak.” En toe voeg hy by: “Ai, Esau, om jou gesig weer te sien is soos om God se gesig te sien. Jy was so goed vir my. |