Genesis 33:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe slaan Jakob sy oë op en kyk, en kyk, Esau het gekom en saam met hom vier honderd man. En hy het die kinders onder Lea en Ragel en die twee slavinne verdeel.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe Jakob opkyk, sien hy vir Esau en sy 400 man aankom. Jakob verdeel toe die kinders tussen Lea, Ragel en die twee slavinvroue.
Afrikaans 1933/1953 En Jakob het sy oë opgeslaan, en toe hy meteens Esau sien aankom en vier honderd man saam met hom, het hy die kinders onder Lea en Ragel en onder die twee slavinne verdeel.
Afrikaans 1983 Toe Jakob deur die spruit was, het hy vir Esau in die verte sien aankom met vier honderd man by hom. Jakob het die kinders onder Lea en Ragel en die twee persoonlike slavinne verdeel
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe Jakob opkyk, sien hy: Daar kom Esau aan met vierhonderd man by hom! Hy het die kinders onder Lea en Ragel en die twee slavinne verdeel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jakob het gekyk en hy het vir Esau gesien wat na hom toe aankom. Daar was 400 manne by Esau. Jakob het toe die kinders verdeel tussen Lea en Ragel en die twee slavinne.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jakob het opgekyk en Esau met 400 man in die verte sien aankom. Jakob was bang en het vinnig die kinders en hulle ma’s bymekaargemaak.