Genesis 32:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Jakob: O God van my vader Abraham en God van my vader Isak, die HERE wat vir my gesê het: Keer terug na jou land en na jou familie, en Ek sal met jou goed doen.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe bid Jakob: “God van my oupa Abraham en my pa, Isak! Here, U het gesê ek moet teruggaan na my land en my familie toe. U het belowe dat U vir my goed sal wees.
Afrikaans 1933/1953 En Jakob het gesê: o God van my vader Abraham en God van my vader Isak, o HERE, wat my beveel het: Gaan terug na jou land en na jou familie, en Ek sal aan jou goed doen --
Afrikaans 1983 Daarna het Jakob gebid: “Here, God van my voorvader Abraham, God van my vader Isak, U wat vir my gesê het om terug te gaan na my land en my familie toe en U sal goed doen aan my,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jakob het gesê: “God van my voorvader Abraham, God van my vader Isak, Here, U wat vir my gesê het, ‘Gaan terug na jou land en jou familie, en Ek sal aan jou goed doen’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jakob het toe gebid en gesê: “God van my oupa Abraham, God van my pa Isak, Here, U het vir my gesê dat ek moet teruggaan na my land en na my familie toe, dan sal U goed wees vir my.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jakob het by homself gedink: “As Esau die een kamp aanval en vernietig, kan die ander kamp se mense en diere darem nog wegkom.”