Genesis 32:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe was Jakob baie bevrees en benoud, en hy het die manskappe wat by hom was, en die kleinvee en beeste en die kamele, in twee groepe verdeel;
Afrikaans (NLV) 2011 Jakob het baie beangs geword toe hy dié nuus hoor. Hy verdeel toe sy mense, die kleinvee, beeste en die kamele in twee groepe.
Afrikaans 1933/1953 Toe het Jakob baie bevrees en benoud geword, en hy het die mense wat by hom was, sowel as die kleinvee en beeste en kamele in twee laers verdeel;
Afrikaans 1983 Jakob het baie bang geword, angs het hom oorval. Toe deel hy die mense by hom, en die kleinvee, die beeste en die kamele in twee groepe,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jakob het baie bang geword; dit het hom benoud gemaak. Hy het toe die mense wat by hom was, die kleinvee, die beeste en kamele in twee kampe verdeel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jakob het baie bekommerd en bang geword. Hy het al die mense wat by hom was, in twee groepe verdeel, ook al die skape en bokke, die beeste en die kamele.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jakob se mense het teruggekom en gesê: “Ons het u broer gekry en hy is op pad na u toe. By hom is daar 400 manne.”