Genesis 32:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En ek het beeste en esels, kleinvee en slawe en slavinne; en ek het gestuur om dit aan my heer te vertel, dat ek genade in U oë kan vind.
Afrikaans (NLV) 2011 Nou besit ek beeste, donkies, kleinvee en baie slawe en slavinne. Ek stuur hierdie boodskappers om Meneer in kennis te stel dat ek op pad terug is. Ek hoop dat u ons vriendelik sal ontvang.’”
Afrikaans 1933/1953 en ek het beeste en esels, kleinvee en slawe en slavinne verwerf, en my heer dit laat weet, sodat ek guns mag vind in u oë.
Afrikaans 1983 Ek besit beeste, donkies, kleinvee, slawe en slavinne. Ek laat u dit weet om te verneem of ek by u welkom sal wees.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek het beeste en donkies, kleinvee, slawe en slavinne. Ek stuur graag die boodskappers om my heer in te lig, sodat ek guns kan vind in u oë.” ’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het daar beeste, donkies, skape en bokke, slawe en slavinne gekry. Ek stuur nou 'n boodskap om dit vir jou te sê, sodat ek kan weet of jy my vriendelik sal ontvang.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle moes die volgende sê: “So sê u slaaf Jakob: Meneer, ek is niks en ek verdien ook niks nie. Jare lank het ek vir Laban gewerk. Ek was daar by hom tot ’n kort rukkie gelede.