Genesis 32:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy het hulle bevel gegee en gesê: So moet julle met my heer Esau spreek; So sê U dienaar Jakob: Ek het as vreemdeling by Laban vertoef en daar gebly tot nou toe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy sê vir hulle: “Gee die volgende boodskap vir my meneer, my broer Esau: ‘Groete van u dienaar Jakob! Ek het tot onlangs by my oom Laban gewoon. |
| Afrikaans 1933/1953 | en aan hulle bevel gegee met die woorde: So moet julle aan my heer, aan Esau, sê: So sê Jakob, u dienaar -- ek het as vreemdeling vertoef by Laban en daar gebly tot nou toe; |
| Afrikaans 1983 | Jakob het vir hulle gesê: “So moet julle vir my geagte broer, vir Esau sê: So sê Jakob wat aan u onderdanig wil wees: Ek het tot nou toe by Laban gebly. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het hulle opdrag gegee: “So moet julle vir my heer, vir Esau, sê, ‘So sê u dienaar Jakob: “By Laban het ek as •vreemdeling gewoon, en ek het daar vertoef tot nou toe. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jakob het vir die manne gesê hulle moet vir sy broer Esau sê: “Meneer, ek is jou slaaf Jakob. Ek was 'n vreemdeling by Laban, en ek het tot nou toe daar gewoon. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jakob was bang vir Esau. Hy het daarom mense met ’n boodskap na sy broer Esau by die Seïrgebied in Edom gestuur. |