Genesis 32:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe hy verby Pniël getrek het, het die son oor hom opgekom, en hy het op sy heup gestop.
Afrikaans (NLV) 2011 Die son was besig om op te kom net toe hy van Pniël af weggaan. Van toe af het hy gehink as gevolg van sy heup.
Afrikaans 1933/1953 En die son het vir hom opgegaan net toe hy Pnuel verby was; en hy was mank aan sy heup.
Afrikaans 1983 Net toe Jakob by Pniël verbygaan, het die son opgekom. Jakob het mank gebly aan sy heup,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het die son sien opkom net toe hy by Pnuel verbygaan. Hy was mank aan sy heup.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die son het opgekom toe Jakob weggegaan het van Pniël. Jakob het swaar geloop, want sy heup was baie seer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Ek het God vannag gesien en kyk, ek lewe nog,” het Jakob gesê. Hy het die plek toe Pniël genoem.