Genesis 32:30 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Jakob het die plek Pniël genoem, want ek het God van aangesig tot aangesig gesien, en my lewe is bewaar. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jakob het die plek Pniël genoem, want hy het gesê: “Ek het God in die gesig gekyk. Tog is my lewe gespaar.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe noem Jakob die plek Pniël; want, het hy gesê, ek het God gesien van aangesig tot aangesig, en tog is my lewe gered. |
| Afrikaans 1983 | en Jakob het die plek Pniël genoem, “want,” het hy gesê, “ek het God van aangesig tot aangesig gesien en tog het ek nie omgekom nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jakob het die plek Pniël genoem, “want,” het hy gesê, “ek het God van aangesig tot aangesig gesien, en tog is my lewe gered.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jakob het die plek Pniël genoem. Hy het gesê: “Ek het God gesien. Hy was so naby my dat ek sy gesig kon sien, en ek het nie gesterf nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jakob was verbaas. “Wie is jy nou eintlik? En wat is jou naam?” het hy gevra. “Hoekom vra jy my naam?” het die man gesê. Hy het Jakob geseën en toe is hy weg. |