Genesis 32:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy sê: Jou naam sal nie meer Jakob genoem word nie, maar Israel;
Afrikaans (NLV) 2011 “Jou naam sal nie meer Jakob wees nie,” sê die man vir hom. “Van nou af is dit Israel, want jy het met God en mens geworstel en nie kopgegee nie.”
Afrikaans 1933/1953 Toe sê Hy: Jy sal nie meer Jakob genoem word nie, maar Israel; want jy het geworstel met God en met die mense en het oorwin.
Afrikaans 1983 Die man het gesê: “Jy sal nie meer Jakob genoem word nie, maar Israel, want jy het teen God en teen mense 'n stryd gevoer en jy het dit end-uit volgehou.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe sê hy: “Jy sal nie meer Jakob genoem word nie, maar Israel. Want jy het met God en mense stryd gevoer, en het oorwin.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die man sê toe: “Jou naam sal nie meer Jakob wees nie, dit sal nou Israel wees. Die naam Israel beteken ‘Jy het met God en met mense gestoei en jy het gewen.’ ”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Wat’s jou naam?” stotter die man. “My naam is Jakob,” het Jakob geantwoord.