Genesis 32:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy sê: Laat my gaan, want die dag breek aan. En hy sê: Ek sal jou nie laat gaan as jy my nie seën nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe sê die man: “Los my nou, die dag begin al breek.” Uitasem sê Jakob: “Ek sal jou net laat gaan as jy my seën.”
Afrikaans 1933/1953 Toe sê Hy: Laat My gaan, want die dag het gebreek. Maar hy antwoord: Ek sal U nie laat gaan nie tensy dat U my seën.
Afrikaans 1983 Die man het vir Jakob gesê: “Los my, want die dag breek.” Jakob het geantwoord: “Ek sal jou net los as jy my seën.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het gesê: “Laat my gaan, want die dag breek.” Maar Jakob het gesê: “Ek sal u nie laat gaan nie, tensy u my seën.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die man sê toe vir Jakob: “Los my, want dit is amper dag.” Maar Jakob antwoord hom: “Jy moet my eers seën, dan sal ek jou los.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe die man sien Jakob is te sterk vir hom, het hy Jakob ’n laaste harde hou op die heup gegee. Dit was so erg dat die heup heeltemal uit sy potjie gespring het.