Genesis 32:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe hy sien dat hy hom nie oorwin het nie, het hy die holte van sy heup aangeraak; en die holte van Jakob se heup was uit die gewrig toe hy met hom geworstel het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe die man sien dat hy hom nie kom onderkry nie het hy Jakob op sy heup geslaan sodat dit uit die potjie spring. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe Hy sien dat Hy hom nie kon oorwin nie, slaan Hy hom op sy heupbeen, sodat die heupbeen van Jakob uit lit geraak het in die worsteling met Hom. |
| Afrikaans 1983 | Toe die man agterkom dat hy nie vir Jakob kan wen nie, het die man, terwyl hy met hom stoei, vir Jakob teen die heup geslaan sodat dit uit die potjie gespring het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe hy sien dat hy Jakob nie kan oorweldig nie, het hy hom op sy heupgewrig getref. Jakob se heup is in die worsteling met hom ontwrig. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe die man sien dat hy nie vir Jakob kan wen nie, het hy vir Jakob op sy heup geslaan. Jakob se heup het seergekry, en hy het moeilik geloop. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jakob het alleen duskant die rivier agtergebly. Terwyl hy nog so staan, het ’n man hom skielik gepak en hulle twee het begin veg. Dit het tot dagbreek die volgende oggend aangehou. |