Genesis 32:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom het die geskenk voor hom uit gegaan en self die nag in die geselskap oorgebly.
Afrikaans (NLV) 2011 So is die geskenke vooruit gestuur, maar Jakob het die aand in die kamp agtergebly.
Afrikaans 1933/1953 So het die geskenk dan voor hom uit gegaan, maar hy self het die nag in die laer gebly.
Afrikaans 1983 So is die geskenk voor Jakob uit gestuur, maar hy het die aand in die kamp oorgebly.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die geskenk het voor hom uit gegaan, maar hy self het daardie nag in die kamp oornag.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jakob het eers die presente gestuur en toe het hy self gegaan. Hy het daardie nag in die kamp gebly.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Almal moes veral onthou om te sê: “U broer, Jakob, is ook sommer hier reg agter ons.” Jakob het by homself gedink: “Dit is goed dat ek al die geskenke vooruitstuur. So kan ek Esau se hart sag maak. As ons mekaar dan sien, vergewe hy my dalk alles.”