Genesis 32:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Kyk, U kneg Jakob is agter ons. Want hy het gesê: Ek sal hom kalmeer met die geskenk wat voor my uitgaan, en daarna sal ek sy aangesig sien; miskien sal hy van my aanvaar.
Afrikaans (NLV) 2011 ‘U dienaar Jakob kom direk agter ons aan.’” Jakob se plan was om Esau met die geskenke te paai voordat hulle mekaar ontmoet. “Dalk sal hy dan in ’n goeie bui wees,” het Jakob gehoop.
Afrikaans 1933/1953 julle moet sê: Kyk, ook u dienaar Jakob kom agter ons aan. Want hy het gedink: Laat ek hom versoen met die geskenk wat voor my uit gaan, en daarna sy aangesig sien -- miskien sal hy my in guns aanneem.
Afrikaans 1983 Verder moet julle ook nog sê: Jakob kom agter ons aan. Hy wil aan u onderdanig wees.” Jakob het naamlik gedink: met die geskenk wat voor my uit gaan, sal ek probeer om hom in 'n goeie bui te kry. Dan sal ek na hom toe gaan en miskien ontvang hy my dan vriendelik.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en julle moet ook sê, ‘Kyk, u dienaar Jakob is agter ons.’ ” Want hy het gedink: Ek wil hom tot bedaring bring met die geskenk wat voor my uit gaan; daarna sal ek hom persoonlik ontmoet. Miskien aanvaar hy my.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle moes ook vir Esau sê: “Meneer se slaaf Jakob kom ook, hy is agter ons.” Jakob het gedink: Ek stuur die presente vir Esau, want ek wil hom vriendelik maak. As ek by hom kom, dan sal hy miskien vriendelik wees met my.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jakob het dieselfde raad vir al die leiers van die ander veetroppe gegee. Hulle moes almal dieselfde vir Esau sê.