Genesis 32:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En so het hy die tweede en die derde en almal wat die troppe gevolg het bevel gegee en gesê: So moet julle met Esau spreek as julle hom kry.
Afrikaans (NLV) 2011 Jakob het dieselfde bevele aan die tweede en die derde groep gegee — en aan elkeen wat saam met ’n trop diere getrek het. “Julle moet elkeen so vir Esau sê:
Afrikaans 1933/1953 En hy het ook bevel gegee aan die tweede en aan die derde en aan almal wat agter die troppe geloop het, en gesê: Net so moet julle Esau antwoord as julle hom kry --
Afrikaans 1983 Jakob het dieselfde opdrag aan die tweede slaaf gegee, en ook aan die derde en aan elkeen wat agter 'n trop was. Jakob het vir hulle gesê: “Wat ek vir die voorste gesê het, moet julle almal vir Esau sê as julle by hom kom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het aan sowel die tweede en die derde slaaf, asook aan almal wat agter die troppe loop, opdrag gegee: “Julle moet hierdie selfde woorde vir Esau sê wanneer julle hom teëkom,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jakob het dieselfde vir die tweede slaaf gesê, ook vir die derde slaaf, en vir al die ander slawe wat agter die troppe geloop het. Hy het gesê wat hulle vir Esau moet sê wanneer hulle hom kry.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Dan moet jy mooi dink voor jy praat. Sê: ‘Ek werk vir u broer, Jakob. En al die troppe vee is ’n geskenk aan u, meneer Esau. U broer, Jakob, is ook sommer hier reg agter ons.’”