Genesis 32:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dan moet jy sê: Hulle behoort aan U dienaar Jakob; dit is 'n geskenk wat aan my heer Esau gestuur is, en kyk, hy is ook agter ons. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dan moet julle antwoord: ‘Dit behoort aan u dienaar Jakob. Dit is ’n geskenk vir sy meester Esau! Hy kom direk agter ons aan.’” |
| Afrikaans 1933/1953 | dan moet jy antwoord: U dienaar Jakob s'n. Dit is 'n geskenk wat hy aan my heer Esau stuur; en kyk, hy self kom ook agter ons aan. |
| Afrikaans 1983 | moet jy sê: Dit behoort aan Jakob wat aan u onderdanig wil wees. Dit word as geskenk aan Meneer gestuur, en hy kom self ook agter ons aan.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | moet jy sê, ‘Dit behoort aan u dienaar, aan Jakob. Dit is 'n geskenk, gestuur vir my heer, vir Esau. Kyk, hy is ook self agter ons.’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | dan moet jy vir hom sê: ‘Dit behoort aan Meneer se slaaf Jakob. Dit is 'n present wat hy vir Meneer stuur. Hy kom self ook, hy is agter ons.’ ” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Vir die leier van die voorste trop het hy gesê: “Jy moet katvoet loop. As my broer, Esau, jou sien, sal hy jou vra wie jy is, vir wie jy werk, waarheen jy op pad is en wie se vee dit is. |