Genesis 32:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy het die vooraanstaandes bevel gegee en gesê: Wanneer my broer Esau jou ontmoet en jou vra en sê: Wie s'n is jy? en waarheen gaan jy? en wie s'n is hierdie voor jou? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het die voorste groep beveel: “Wanneer julle Esau teëkom, sal hy vra: ‘Waarheen gaan julle? Wie se slawe is julle? Wie se diere is dit hierdie?’ |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop gee hy aan die eerste een bevel en sê: As my broer Esau jou teëkom en jou vra: Aan wie behoort jy, en waarheen gaan jy, en wie s'n is die goed daar voor jou? |
| Afrikaans 1983 | Hy het die voorste slaaf beveel: “Wanneer my broer Esau jou kry en jou vra: ‘Wie is jy? Waarvandaan kom jy en aan wie behoort al hierdie goed voor jou?’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het die eerste een opdrag gegee: “As my broer Esau jou teëkom en vir jou vra, ‘Aan wie behoort jy; waarheen gaan jy, en aan wie behoort daardie diere voor jou?’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jakob het vir die eerste slaaf gesê: “As my broer Esau by jou kom en hy vra vir jou wie se slaaf is jy, waarnatoe gaan jy en aan wie behoort hierdie trop diere, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het al die vee in troppe verdeel en ’n leier vir elke trop aangestel. Jakob het hulle nader geroep en gesê: “Julle moet voor loop en ek sal julle volg. Sorg dat daar ’n goeie afstand tussen elke trop is.” |