Genesis 32:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het hulle in die hand van sy dienaars gegee, elke troppe afsonderlik; en aan sy dienaars gesê: Trek voor my uit en sit 'n spasie tussen trop en trop. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het sy slawe beveel om met hulle vooruit te trek, elke groep diere apart, geskei met ’n afstand tussen hulle. |
| Afrikaans 1933/1953 | en hy het hulle aan sy dienaars afgegee, elke trop afsonderlik, en aan sy dienaars gesê: Trek voor my uit, en laat 'n plek oop tussen trop en trop. |
| Afrikaans 1983 | Hy het elke trop aan 'n slaaf gegee en gesê: “Trek vorentoe, maar hou 'n afstand tussen die troppe.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het dit onder die toesig van sy slawe geplaas – trop vir trop elkeen op sy eie. Hy het vir sy slawe gesê: “Trek voor my uit, maar hou 'n afstand tussen trop en trop.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jakob het die diere vir sy slawe gegee, elke trop diere apart, en hy het vir sy slawe gesê: “Loop voor my, maar hou elke trop diere apart.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | 30 kameelkoeie met hulle kalwers, 40 koeie en 10 bulle, 20 donkiemerries en 10 donkiehingste. Dit was sy geskenk vir sy broer, Esau. |