Genesis 32:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En jy het gesê: Ek sal sekerlik aan jou goed doen en jou nageslag maak soos die sand van die see wat vanweë die menigte nie getel kan word nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | U het tog mos belowe om vir my goed te wees en om my nageslag te vermeerder sodat hulle so baie sal wees soos die sand by die see — te veel om te tel.” |
| Afrikaans 1933/1953 | U het tog self gesê: Ek sal sekerlik aan jou goed doen en jou nageslag maak soos die sand van die see wat vanweë die menigte nie getel kan word nie. |
| Afrikaans 1983 | U het my tog beloof: Ek sal beslis goed doen aan jou, Ek sal jou nageslag so baie maak soos die sand van die see, wat nie getel kan word nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | U het self gesê, ‘Ek sal beslis aan jou goed doen en jou nageslag maak soos die sand van die see, wat vanweë die hoeveelheid nie getel kan word nie.’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Here, U het belowe en vir my gesê: ‘Ek sal goed wees vir jou. Ek sal jou nageslag so baie maak soos die sand van die see. Dit is so baie dat 'n mens dit nie kan tel nie.’ ” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | En nou, Here, vra ek u hulp. Esau is op pad en ek is baie bang. Red my uit sy hande. Ek is bang hy maak my dood en sommer ook al die vroue en kinders. |